Pak 'n Tas Projek

In ons omgewing is daar gebiede waar die armstes van arm kinders sonder hulp byna geen kans staan om hulle skoolopleiding te voltooi nie.
Ons gee vir hulle die nodige, maar eintlik oneindig meer. Hierdie kinders leef sonder hoop. Om met waardigheid en selfvertroue skool toe te kan gaan maak vir hulle toekomsdeure oop.

Met die begin van die skooljaar voorsien ons vir ongeveer 400 kinders:
Skoolklere
Skoolskoene
Skooltasse
Boeke
Skryfbehoeftes


Vir finansiële ondersteuning merk jou bydrae met: PAK 'n TAS