bedieninge.

Eden Tieners

Tieners 13-18 jaar

By Eden gemeente se tienerbediening reis ons saam deur God se woord en kyk ons na die vrae en kwessies waarmee tieners worstel. Ons doen dit alles  terwyl ons ook lekker saam kuier, vriende maak en mekaar op hierdie lewensreis ondersteun. 

kidz@eden

Voorskool: 2-5 jaar
Graad 1-7

’n kinderbediening, waar kinders herderlik begelei word, veilig hulleself kan wees en ondersoekend vrae kan vra, waar God se waarhede met pret en opwinding ontdek kan word.  Hulle sal soek na ’n verhouding met Jesus en ontdek dat Hy hulle onvoorwaardelik lief het en aanvaar!

Musiekspan

Kreatiewe kunste

By Eden Gemeente speel musiek 'n belangrike rol in ons aanbidding. Ons wil deur ons musiek God se boodskap van liefde aan mense oordra asook mense begelei om God se almag te besing.
Kontak ons gerus indien jy wil deel word van ons musiekbediening.

Mannegroep

Vrydae 6:00 

Vroeg elke Vrydagoggend is ons manne besig om goeie koffie saam met goeie geselskap te drink. Ons  reis saam rondom die Woord en getuienisse en deel 'n stuk van ons lewens met mekaar, kontak ons as jy wil deel vorm van hierdie sirkel.