meer oor ons.

"What comes into our minds when we think about God is the most important thing about us." - A.W. Tozer

 Aanbidding – ons diep verlange 
Ons strewe daarna om op so 'n manier saam te kom tydens ons dienste dat jy die geleentheid kan kry om van God se teenwoordigheid bewus te word. Musiek en geestelike liedere speel hierin 'n baie groot rol, so ook gelowige rituele en sakramente. Ons begeer dat die aanbiddingsbelewenis in die dienste in jou 'n begeerte sal aanwakker om ook in jou daaglikse wandel met hierdie bewustheid te leef.
 
The life of man consists in beholding God. Irenaeus
 

To worship is to quicken the conscience by the holiness of God, to feed the mind with the truth of God, to purge the imagination by the beauty of God, to open the heart to the love of God, to devote the will to the purposes of God. William Temple
 
Maar daar kom ’n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid. Joh 4:23-24
 
Those who worship him must do it out of their very being, their spirits, their true selves, in adoration. Joh 4:24 Mes


Verkondiging – ons groot opdrag 
Ons strewe daarna om deur prediking die boodskap dat God mense lief het op so 'n manier by jou tuis te bring dat dit jou lewe sal verander. Ons begeer dat prediking jou sal beïnvloed om belangrike besluite te neem, waarvan die besluit om 'n volgeling van Christus te word die heel belangrikste is. Deur prediking is dit ook ons doel om die implikasies van volgelingskap duidelik en prakties aan jou oor te dra. Ons hoop dat jy nuwe gewoontes sal aanleer waardeur jy jouself sal oopmaak vir die ingrypende werk van die Gees van God. Ons boodskap is dat Jesus sy heerskappy of koninkryk in jou lewe wil vestig. Sy koninkryk het te doen met:
 
Waar 'n mens en God saam wandel:        
Herstel van Spiritualiteit
 
Waar sosiale geregtigheid seevier:
Herstel van die Samelewing
 
Waar innerlike groei plaasvind:        
Herstel van die Psige
 
Waar lewens diep gedeel word:        
Herstel van Verhoudings
 
 
Preaching is indispensable to Christianity. Without preaching a necessary part of its authenticity has been lost. For Christianity is, in its very essence, a religion of the Word of God... God has taken the initiative to reveal himself savingly to fallen humanity... by a word and words (and) he calls upon those who have heard his Word to speak it to others. John Stott
 
That is our compulsion, our divine necessity, our spiritual calling. We speak a word from the Lord to the small portion of the earth on which we live. Edward F. Markquart
 
Whoever... does not know or preach the gospel is not only no priest or bishop, but he is a kind of (plague) to the church. Martin Luther
 
...the preacher gives voice to the reality of God whose purpose and character transform life... We have only the word, but the word will do. It will do because it is true that the poem shakes the empire, that the poem heals and transforms and rescues, that the poem enters like a thief in the night and gives new life, fresh from the word and from nowhere else. There are many pressures to quiet the text, to silence the deposit of dangerous speech, to halt this outrageous practice of speaking alternative possibility. The poems, however, refuse such silence. They will sound. They sound through preachers who risk beyond prose. In the act of such risk, power is released, newness is evoked, God is praised. People are “speeched” to begin again. Such new possibility is offered in daring speech. Each time that happens, “finally comes the poet” – finally. Walter Brueggemann
 

 
To comfort the disturbed and disturb the comfortable.  Chad Walsh
 

...maar ons verkondig Christus wat gekruisig is... 1 Kor 1:23
 
Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede... 2 Tim 4:1-3
 
Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?  En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig! Rom 10:13-15
 
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. Mat 28:19
 
 Kreatiwiteit – ons volgehoue strewe 
Die skepping verkondig wie God is. Die ryke verskeidenheid, skoonheid en misterie van sy handewerk vul ons met verwondering. In Eden Gemeente is dit ons strewe om hierdie kunstige stem van die skepping te eggo. Ons glo dat skoonheid mense van die Skepper bewus maak. Dit wek 'n hunkering na die Skepper op. Ook die Skrif self bevat van die mooiste poësie in die ganse letterkundige skat van die mensdom. Daarom strewe ons om alles in ons vermoë te doen om die boodskap oor God ook met behulp van die kunste te verkondig.
 
Ons put ook uit die ryk en veelsydige bron van die breër kerk se erfenis om ons liturgie te verryk. Groei saam met ons na 'n dieper liturgiese ervaring.
 
 
 
To interest is the first duty of art. C. S. Lewis
 

God passes through the thicket of the world, and wherever his glance falls he turns all things to beauty. John of the Cross
 
Your soul has a curious shape because it is a hollow made to fit a particular swelling in the infinite contours of the divine substance, or a key to unlock one of the doors in the house with many mansions. C. S. Lewis


DNS 
Met DNS bedoel ons daardie ongeskrewe manier van doen. 'n Gemeente se DNS is meer subtiel as wat dit duidelik beskryf kan word. Dit het met 'n soort aanvoeling te doen – nie noodwendig met reg en verkeerd nie. Twee gemeentes kan daarom meestal dieselfde waarhede glo, maar dit op verskillende maniere uitdruk en beoefen. Ons glo dat dit belangrik is dat daar verskillende soort gemeentes is omdat dat mense nie kulturele klone van mekaar is nie. Lidmaatskap het daarom nie net met geloofsoortuigings (die wat van jou geloof) te make nie, maar ook met kulturele perspektiewe en behoeftes (die hoe van jou menswees).
 
Ons Kulturele DNS
  • egtheid en realisme
  • onopgesmuktheid
  • gemaklike informaliteit 
  • storiekultuur – (teologie en biografie)
  • gebrokenheid as deel van storiekultuur
  • versigtig vir:
       sosiale isolasie
       geestelike meerderwaardigheid
       elitistiese christelike subkultuur
       'n “sense of arrival”
       triomfantistisme
       oordrywing
       ‘slogans’
       opsweping
 
Ons Liturgiese DNS:
  • Kreatiwiteit
  • Aanwending van Uitvoerende kunste
  • Uitnemendheid
  • Inheemsheid
  • Balans tussen: 
       emosionele belewenis en nadenkendheid
       deelnemer- en “toeskouer” ervaring
       moderne en antieke
       struktuur en vryheid
  • Musikale klem op: 
       teologiese inhoud, diepte,
       balans tussen eie musikale skeppinge en breër kerkmusiek
       kunssinnigheid,
       poëtiese inspirasie,
       antieke en moderne style,
       balans tussen Afrikaans en Engels