Môreson Kinderhuis

Môreson Kinderhuis is 'n tehuis vir kinders wat uit uiters kritieke huislike omstandighede verwyder word.
Hierdie kinders is die slagoffers van geweld, verslawing, mishandeling, molestering en verwasrlosing.
Eden Gemeente het wonderlike verhale van hoe sommige kinders van selfs voorskoolse ouderdom af deel geword het van ons omgee.
Sommige het met ons hulp verder studeer en selfs deel van ons van ons personeel geword.


Ons is betrokke by Huis 4, 'n huis vir 15 dogters. Ons gee aandag aan persoonlike behoeftes soos:
Verjaarsdaggeskenke en partytjies
Kersgeskenke
Klere en Skoolbehoeftes
Sportbehoeftes
Kuns- en Kultuurbehoeftes
Toekomsbeplanning
Besoeke, ondersteuning en belangstelling


Vir finansiële ondersteuning merk jou bydrae met: Môreson